Seaside Village Penthouse F23
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 493 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Seaside Village Penthouse F23 is 'n majestueuse dakwoonstel in Bloubergstrand met 'n uitsonderlike uitsig oor die see, Robbeneiland en op Tafelberg. Dit is in die Big Bay-area en geskik vir gaste wat op 'n sakereis of vakansiewegbreek is by Seaside Village.
Dié dakwoonstel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en 'n koninggrootte-bed, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n toilet en wasbak. Die kamer het 'n slim-TV met toegang tot DStv Now en Netflix. In die tweede slaapkamer is 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, en eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank en die eetarea het sitplek vir 6 mense. Die sitarea het 'n gemaklike stel rusbanke en 'n platskerm-TV met toegang tot DStv, Netflix en Showmax. Gratis WiFi word voorsien.
Die ruim sitarea lei na 'n groot vermaakstoep met 'n gasbraai, sonstoele en etenstafel. Hier is 'n uitsig oor die oseaan, Robbeneiland en op Tafelberg. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die verblyf het ook 'n omsetter en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Hierdie dakwoonstel is voor die Seaside Village-winkelsentrum in Big Bay, Bloubergstrand. Die promenade by die strand is net 200 m ver. Seaside Village bied gaste die opwinding van 'n strandvakansie. Bloubergstrand is 'n kort entjie se ry en daar is baie restaurante en kroeë in die area. Kaapstad se middestad is 30 minute se ry ver en die Weskus is 'n uur se ry.
Slaapplek
’n Bespreking by Seaside Village Penthouse F23 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 650
Jare op LekkeSlaap 12
Ligging
- Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Seaside Village Penthouse F23 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Big Bay Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom