Sea Notes Accommodation
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elizabeth-straat 9, Seaview, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sea Notes Accommodation bied strandfront-verblyf in die lieflike kusdorpie Seaview in Gqeberha (Port Elizabeth) en dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit direkte toegang tot die getypoele bied.
Verblyf word in 2 eenhede gebied, Oyster wat 'n gastekamer met slaapplek vir 2 is, en Seaweed wat 'n selfsorg-eenheid is. Oyster is 'n knus gastekamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.
Seaweed is 'n knus selfsorg-eenheid wat slaapplek aan 4 gaste bied en oor 2 en suite-slaapkamers beskik. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is 2 storte en 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word in albei eenhede voorsien.
Seaweed se leefarea beskik oor 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Albei eenhede spog met houtdekke met sitplek en uitsigte oor die see. Weber-braaigeriewe is op versoek by albei eenhede beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Robyn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Elizabeth-straat 9, Seaview, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Sea Notes Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Seaview Clarendon Marine Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elizabeth-straat 9, Seaview, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom