Saldeseas Holiday Accommodation
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 31 Mei 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Botterblomstraat 12, Louis Rood, Strandfontein, 8149, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 000R1 400 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Saldeseas Holiday Accommodation is 'n selfsorghuis in Strandfontein. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee slaapkamers is in die hoofhuis en die laaste slaapkamer is in die woonstel. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens vir kinders. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer in die woonstel het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het 2 rusbanke en 'n slim-TV, asook 'n ingeboude binnebraai. Die woonstel het 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof met oondjie, broodrooster, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel met 2 stoele toegerus is. WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai, tuin en veilige parkeerplek op die perseel. Die verblyf is naby die strand, winkels en restaurante. Gaste kan Doringbaai, Lutzville en Vredendal besoek.
Slaapplek
’n Bespreking by Saldeseas Holiday Accommodation sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 62
Jaar gelys 5
Ligging
- Botterblomstraat 12, Louis Rood, Strandfontein, 8149, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Louis Rood Strandfontein Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Botterblomstraat 12, Louis Rood, Strandfontein, 8149, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom