- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekstraat 268, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 325 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rothman Manor bied eksklusiewe boetiek-akkommodasie in Swellendam, die derde oudste dorp in Suid-Afrika.
Geniet jou verblyf in 1 van ons 6 elegante kamers met ongelooflike Europese geriewe met 'n tikkie Afrika-inspirasie. Die gastehuis bied satelliet-TV, 'n telefoon, 'n kroegie, 'n kluis, WiFi en 'n hele rits spesiale afwerkings. Die en suite-badkamers is uiters modern en die ondervloerse verhitting verseker jou gemak. 'n Smullekker ontbyt word bedien onder 'n pragtige eikeboom uit die 19de eeu wat oor die landgoed uitkyk. Gaan swem in die groot swembad of gaan stap rustig in ons enorme tuin. Kyk na die voëltjies by die groot leliedam en hou die sebras en springbokke in ons klein eko-reservaat dop terwyl jy in die Jacuzzi ontspan.
Vir jou gerief is daar heelwat restaurante binne stapafstand vanaf die gastehuis. Die Swellendam-gholfbaan met sy panoramiese uitsigte oor die berge is net 'n paar minute weg.
Swellendam is nie net 'n lieflike oornagplek tussen Kaapstad en die Tuinroete nie, dit is 'n bestemming in eie reg. Dis die beginpunt van heelwat toere na die Bontebok Nasionale Park, De Hoop en Marloth Natuurreservaat vir natuurliefhebbers. Verder kan jy ook na die mees suidelike punt van Afrika, Kaap Agulhas, gaan om maar net 'n paar voorbeelde te noem.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Drankies ingesluit
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Sam Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Voortrekstraat 268, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Rothman Manor het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Swellendam Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekstraat 268, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom