Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Robertson Stays

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noree-weg, Erfdeel 22 Noree Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Robertson Stays is 'n pragtige selfsorgplaashuis met 'n uitsig oor 'n dam, vallei en op die berge. Die plaashuis is 'n rustige toevlug sowat 12 km van Robertson af. Die Vinkriviervallei bied 'n mengsel moderne landboumetodes en natuurprag en is 'n paradys vir gaste wat wil voetslaan en bergfietsry. Die Robertsonstreek is ryk aan wynplase met wynproegeleenthede en goeie eetplekke. Daar is baie restaurante, koffiewinkels, 'n pragtige kwekery en kunsgalery in die dorp.

Die plaashuis is ten volle onafhanklik van die tradisionele water- en kragnetwerk. Die ligte werk met sonkrag en die toebehore soos die stoof en geiser werk met gas. Water word uit die rivier en boorgat verkry.

Die plaashuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort het. Daar is 'n buite-ingang na die vierde slaapkamer wat dit ideaal maak vir 'n tiener wat 'n bietjie meer onafhanklikheid soek. Hierdie slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is waaiers in al die slaapkamers.

Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n toonbank met stoele. Daar is nie 'n oond nie, want die eenheid is sonkrag-aangedrewe. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die sitarea het sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea het stapeldeure wat na 'n onderdakstoep met buitemeubels, 'n braai en 'n swembad lei.

Die huis het 'n dam voor, so dit is nie raadsaam om hier te bly indien kinders nie kan swem nie.

Die grondpad na die instansie kan met 'n normale sedanvoertuig aangepak word, maar 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte word aanbeveel.

Slaapplek

’n Bespreking by Robertson Stays sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 21 resensies vir Robertson Stays
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Dominique Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 22

Jaar gelys 5

Ligging

  • Noree-weg, Erfdeel 22 Noree Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Robertson Stays het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noree-weg, Erfdeel 22 Noree Plaas, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4ad4996c1b0d8183dfa31252aafc19ae58b9edd3df47b364030a4a6cfef921de819f7fc6f1be1048d2ca505530db137a7e6e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8) 21 5 1 5 Noree Road Portion 22 Farm Noree 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.745399411779 19.805975400772
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem