Riverridge LifeStyle Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rivverridge Lifestyle Plaas GK33, Stilbaai-wes, Rivier-dienspad, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 150 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Riverridge LifeStyle Farm bied 'n heerlike plaaswegbreek op die oewer van die Goukourivier, net 15 km van Stilbaai af. Dié plaas bied rustigheid, rivier-doendinge soos waterski en roei en het plaasdiere soos hoenders, skape en voëls. Dit is die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers.
Gerieflike verblyf word in die Kothuis met slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers en die Chalet met slaapplek vir 6 in 2 slaapkamers gebied. Albei het slegs stortgeriewe.
Die Chalet beskik oor 2 slaapkamers op die rivieroewer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer 'n stapelbed en 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n sitkamer, eetareas en 'n kombuisie wat met 'n yskas en 'n mikrogolfoond toegerus is. Die Chalet het 'n dek met buitemeubels en 'n lieflike uitsig oor die rivier. Daar is 'n vyfde bed in die leefarea.
Die Kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort, 'n kombuisie en 'n sitkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die kombuisie is met 'n yska, tweeplaatgasstoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is ook 'n dek met 'n lieflike uitsig oor die vallei.
Tiny House @ Riverridge is 'n knus wegbreek vir 2 volwassenes en 1 kind onder 12. Die eenheid het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank vir 'n kind. Die badkamer het 'n stort en 'n kompostoilet. Die kombuis is met 'n ketel, broodrooster en gasstoof toegerus. Daar is 'n privaat braai- en piekniekarea, asook 'n houtvuurwarmbad.
Die plaas is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en gebruik sonkrag. Gaste sal soms spaarsamig met die krag moet wees.
Gaste van enige ouderdom is welkom op die plaas en troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël is. Die troeteldiere moet nie 'n bedreiging vir die plaasdiere wees nie. Doendinge op die plaas sluit watersport op die river, draf, bergfietsry, voetslaan en voëlkyk in. Shadrak, die regterhand op die plaas sal gaste bystaan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Izelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Jaar gelys 7
Ligging
- Rivverridge Lifestyle Plaas GK33, Stilbaai-wes, Rivier-dienspad, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Riverridge LifeStyle Farm het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rivverridge Lifestyle Plaas GK33, Stilbaai-wes, Rivier-dienspad, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom