Njiri Lodge - Your Place in Africa
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 8 Apr 2024 tot 30 Mei 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisweg 1604, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Geen kinders onder 3
-
Vanaf
R1 450R1 160 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Njiri Lodge - Your Place in Africa is in die hartjie van die Afrika Bosveld in die Marlothparkbewarea. Dis net 300 m vanaf die Krokodilrivier wat aan die Krugerwildtuin grens. Njiri Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerhuis. Gaste kan die geluide van die Bosveld geniet terwyl die kameelperde, sebras en koedoes in die tuin wei.
Dié huis beskik oor 2 slaapkamers. Die 1 slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die ander slaapkamer het 'n koninggrootte-bed.Daar is ook 'n enkel slaapbank in die sitarea. Die 1 badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n bad. Al die kamers het 'n plafonwaaiers. Die kombuis is met 'n toonbank, yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof en 'n skottelgoedwasser toegerus.
Die huis bied 'n kuierarea met braaigeriewe, 'n vuurput en 'n plonspoel. Gaste kan op die wal van die rivier sit en die uitsig oor die Krugerwildtuin en die wild geniet. Of gaste kan langs die vuur sit en luister hoe die nagapies gesels. Die ligging is ideaal vir gaste wat die Krugerwildtuin wil besoek en dis net 19 km ver.
Gaste kan in die bos langs die Krokodilrivier gaan stap of 'n skemerkelkie op die rivierwal geniet. Die diere besoek gereeld die huis en alhoewel hulle vriendelik is, is hulle steeds wilde diere. Gaste word daarom versoek om asb. versigtig te wees. Marlothpark bied 'n pragtige voëllewe en wildritgeleenthede met stap, selfrywildritte of begeleide toere. Daar is ook kroeë en restaurante in die park. Njiri Lodge bied begeleide wildritte deur die wildtuin teen 'n ekstra koste.
Slaapplek
’n Bespreking by Njiri Lodge - Your Place in Africa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Sophia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Volstruisweg 1604, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Njiri Lodge - Your Place in Africa het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisweg 1604, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Geen kinders onder 3