- Kapasiteit: 62 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barkly-pas, Langs die R58, Elliot, 5460, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 470 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Mountain Shadows Hotel is geleë in die skilderagtige Suidelike Drakensberge, in die hartjie van die Oos-Kaap en bied gerieflike verblyf in óf twee- óf drieslaapkamer en suite-eenhede. Die hotel is aan die bopunt van Barkly Pas geleë, met 'n hoogte van 1990 m bo seespieël, op die natuurskone R58 Roete tussen Barkly-Oos en Elliot.
Dit is 'n perfekte halfwegstop tussen Natal en die Oos-Kaap of Wes-Kaap. Hierdie binnelandse hotel is ideaal geleë - tussen die binneland en die Suidkus of Weskus.
Die eenhede is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, verwarmers, elektriese komberse en TV's. Jy het ook gebruik van die gemeenskaplike woonkamer met 'n grootskerm-TV en 3 kaggels. Daar is ook 'n eetkamer en 'n kroeg in die hoofgebou. Die hotel bied konferensie-fasiliteite en is die ideale venue vir opleidingsgroepe, motiverende konferensies en korporatiewe wegbreke.
Ons bekwame kombuispersoneel is byderhand om 'n opsionele Engelse ontbyt, ligte middagetes en 'n driegang-buffet-aandete te bedien. Ons bied ook die opsie van 'n wegneemete vir gaste wat weer in die pad moet val en verversings tydens konferensies op aanvraag.
Die hotel bied verskeie doendinge soos drie verskillende een-dag staproetes, vierwielmotorfiets- en bergfietsroetes, vlieghengel en voëlkyk. Ontsnap van jou alledaagse lewe se rumoer en kom en beleef die vars berglug terwyl jy egte plattelandse gasvryheid geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Johann Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 80
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- Barkly-pas, Langs die R58, Elliot, 5460, Oos-Kaap
- Gaste dink Mountain Shadows Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Grens Area Oos-Kaap
- Kapasiteit: 62 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barkly-pas, Langs die R58, Elliot, 5460, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom