McGregor Backpackers
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 20 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Breestraat 34, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R786R524 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
McGregor Backpackers is in die hartjie van McGregor aan die voet van die Riviersonderendberge. Dis naby al die interessante plekke in dié mooi dorpie.
McGregor Backpackers bied rugsakreisigerslosies en sakpasverblyf. Daar is 4 en suite-dubbelkamers met enkelbeddens, ‘n gesin-suite met 2 kamers en ‘n en suite-badkamer en ‘n slaapsaal vir 6 met 2 en suite-badkamers en ‘n aparte toilet. Die kamers is rondom ‘n lowerryke tuin in ‘n beskutte binnehof gerangskik. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien.
Daar is ‘n gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is met tee, koffie en tuisgebakte beskuit. Daar is ook ‘n eetkamer en ‘n sitkamer met DStv. Gratis WiFi word voorsien en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Hout is te koop en ys is gratis. Die braai-area en vriendskapstafel is ideaal vir kuier en die inwonende braaimeester, Geoff, sal selfs namens gaste braai.
Gaste kan die berge en sonsopkoms van die tuin af bewonder. Groepe, gesinne, stappers, ridders van die langpad en bergfietsryers is welkom. McGregor Backpackers is troeteldiervriendelik, maar hulle mag nie op die beddens slaap nie. ‘n Inkopie- en pendeldiens is vir stappers beskikbaar.
Om omgewingsvriendelikheid te bevorder word daar herwin, kompos gemaak en water opgevang. Die geisers werk met sonkrag en as die son nie skyn nie, is daar steeds genoeg warm water.
Gaste en hul besittings se veiligheid word hoog geag en daar is altyd iemand op die perseel om ‘n ogie te hou en gaste se vrae te antwoord.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Dorothy and Geoff Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- Breestraat 34, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink McGregor Backpackers het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 20 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Breestraat 34, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom