- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Abrahamskraalweg 114, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Makarios Country Lodge is in 'n rustige omgewing op 'n privaat plaas buite Bloemfontein in die Vrystaat. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en gasvryheid weg van die stad se gedruis af.
Daar is 9 ruim slaapkamers wat pragtig versier is. Een van hulle is 'n enkelkamer met 'n enkelbed geskik vir 1 persoon. Die dubbelkamers het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Hierdie kamers het ook geriewe soos gratis WiFi, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en 'n verskeidenheid verversings vir gaste.
Gaste kan 'n smullekker ontbyt in die eetarea geniet en ander heerlike maaltye kan ook gereël word. Die lodge het ook 'n wasserydiens en pieknieks kan op die perseel gereël word. Gaste kan perdry, voëlkyk en ander plaasdiere dophou.
Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors en Makarios Country Lodge is net 10 minute se ry van die stad en al die doendinge af.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Rusita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Abrahamskraalweg 114, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, Vrystaat
- Gaste dink Makarios Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bainsvlei Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Abrahamskraalweg 114, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom