Main 82 Agulhas
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 82, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 140 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Main 82 Agulhas is in L'Agulhas, 'n kusdorpie in die Wes-Kaap van Suid-Afrika geleë. Die huis is ideaal vir 'n gesin van 6 wat op soek is na gerieflike, moderne verblyf.
Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die tweede badkamer het ook 'n stort, bad, wasbak en toilet.
Die huis beskik oor 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, ketel, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n sitarea met leerbanke en 'n TV met DStv, asook 'n eetarea en 'n binnebraai. Gaste het ook toegang tot WiFi. Daar is 'n stoep aan die agterkant van die huis met 'n ingeboude braai en 'n omheinde tuin.
L'Agulhas het 'n rustige atmosfeer. Besienswaardighede in die omgewing sluit 'n vuurtoring, museums en 'n kuriowinkel in. Besoekers het ook die geleentheid om die amptelike mees suidelike punt van Afrika te besoek. Die eenheid is 1 km vanaf die die getypoele en net 6 km vanaf Struisbaai se strand. Ander doendinge sluit branderplankry, stap, walviskyk, tennis, rolbal, perdry, en hengel vanaf die rotse of strand in.
Slaapplek
’n Bespreking by Main 82 Agulhas sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 66
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Hoofstraat 82, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Gaste dink Main 82 Agulhas het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 82, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom