Magorgor Safari Lodge
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 31 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Doreen (N1), Waterkloof Plaas, Musina, 0900, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R790R711 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Magorgor Safari Lodge bied oornag- en vakansie-akkommodasie op 'n plaas in die Limpopo-provinsie, 16 km suid van Musina (Messina) en 2 km van die N1 af. Dit bestaan uit gerieflike, netjiese en bekostigbare selfsorgverblyf in 'n rustige omgewing. Daar is 'n groot grasdak-lapa met vol DStv, 'n swembad, braaigeriewe en 'n ten volle toegeruste gemeenskaplike kombuis vir tot 30 gaste. Voortdurende opruim, skoonmaak en was van skottelgoed deur die dag is ingesluit, sowel as oor naweke.
Let op: Indien die plek vir groepe, meer aande en/of oor naweke bespreek word sal dit eksklusief aan die spesifieke groep beskikbaar wees, al beset u nie al die kamers nie. Uitstekend vir familie saamtrekke, vriende groepe en gesinne. Goeie afslag afhangend van aantal persone en nagte kan toegestaan word.
Skilderagtige staproetes met verskeie uitkykpunte bied pragtige uitsigte oor die bosveld. 'n Verskeidenheid wild, voëls en plante is hier te siene. Ons is baie sentraal geleë in hierdie streek wat daguitstappies in alle rigtings na verskeie besienswaardighede, byvoorbeeld Mapungubwe, Krugerwildtuin, Venda, ensovoorts, moontlik maak. Messina Golfklub bestaan uit 'n baie mooi en unieke golfbaan teen baie bekostigbare tariewe.
Dit is ook 'n ideale oornagplek voor ingang of na uitgang van Zimbabwe via Beitbrug (35 km). Dit is ook net ver genoeg weg van die besige grensdorp Musina (18 km) vir 'n welverdiende ruskans. Jy is welkom om vir net 1 nag hier te bly indien jy op pad is iewers heen, maar ons stel voor dat jy vir meer nagte bly teen boonop 'n afslagtarief om hierdie interessante streek te verken of om net te rus en te ontspan. Watter opsie jy ook al verkies, weet net dat jy meer as welkom is.
Let asseblief daarop dat ons geen kredietkaartgeriewe het nie en dat betalings van die balans, indien enige, per EFT voor arrivering of in kontant met arrivering moet geskied.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.9/5
Cecil Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 15
Jaar gelys 10
Ligging
- Doreen (N1), Waterkloof Plaas, Musina, 0900, Limpopo
- Gaste dink Magorgor Safari Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Musina Mapungubwe National Park Limpopo
- Kapasiteit: 31 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Doreen (N1), Waterkloof Plaas, Musina, 0900, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom