15 Kingfisher
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher Heads 15, Waterkantstraat, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 390R1 251 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
15 Kingfisher is 'n selfsorg-woonstel in Velddrif, een van die klein vissersdorpies wat al langs die Weskus geleë is. Dit is slegs 'n paar kilometer vanaf die Bergriviermonding in die see by St. Helenabaai, en sowat 130 km vanaf Kaapstad.
Kingfisher is op die rivieroewer in die bekende Bokkomlaan geleë, net 'n minuut se stap vanaf die vishuise waar die plaaslike vissermanne bokkoms uitdroog. 'n Paar van die vishuise is opgeknap en in koffiewinkels en restaurante omskep.
Die eenheid is onlangs opgeknap en het slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Albei en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Verder is daar onbeperkte WiFi en 'n slim-TV.
Die knus leefarea het 'n kombuis en sitarea wat na 'n stoep en tuin met 'n uitsig oor die Bergrivier lei. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus. Daar is 'n braaidrom, maar gaste moet hul eie braairooster en houtskool saambring.
Die historiese Bokkomlaan met sy restaurant, koffiewinkel, kunsgallery en bootritte is op jou drumpel. Velddrif is die ideale plek vir besoekers wat die Weskus, Rocher Pan Natuurreservat, Weskuspark en die fossielpark wil verken.
Slaapplek
’n Bespreking by 15 Kingfisher sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lynn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Jaar gelys 10
Ligging
- Kingfisher Heads 15, Waterkantstraat, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink 15 Kingfisher het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher Heads 15, Waterkantstraat, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom