Kiki's Khaya
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riversdale-weg, Botterkloof-oord, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Kiki's Khaya, wat voorheen as Chris Huys bekendgestaan het, is 'n selfsorgvakansiehuis in die veilige Botterkloof Lifestyel Estate op die Tuinroete, net 8 km vanaf Stilbaai. Dis net 5 minute se ry vanaf 2 Blouvlagstrande, Preekstoel en Lappiesbaai, die strandmeer en rivier. Die Stilbaai-gholfbaan is sowat 10 km weg.
Kiki's Khaya laat gaste so tuis soos by hulle eie huis voel en het gemaklike meubels vir 'n ontspanne gesinsvakansie. Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n gastetoilet en 'n groot oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede en derde kamer het elkeen 'n dubbelbed en die vierde kamer het 4 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die sitkamer het sitplek en 'n platskerm-TV. Die leefarea het 2 plafonwaaiers. Daar is 'n groot braai-area onderdak, voor die huis en 'n wasgoeddraad agter die huis waar gaste swemhanddoeke en ander klein items kan ophang.
Die Botterkloof-oord het 'n groot swembad en 'n speelplek vir kinders langsaan. Die oord het 'n ryk voëllewe. Daar is selfs 'n pou wat Kiki's Khaya elke dag besoek en met sy helderkleurige vere spog.
Slaapplek
’n Bespreking by Kiki's Khaya sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Keisha Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 34
Jaar gelys 3
Ligging
- Riversdale-weg, Botterkloof-oord, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Kiki's Khaya het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riversdale-weg, Botterkloof-oord, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom