Jacomanzi
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R62, Jacomanzi, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Jacomanzi is op die R62 naby Ladismith en bied verblyf vir natuurliefhebbers. Dié ou plaashuis is op 'n rustige en veilige plaas geleë en bied 'n vreedsame wegbreek.
Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Warm water word deur die gasgeiser voorsien.
Die kombuis is met 'n drieplaatgasstoof, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
Daar is sonkrag vir ligte en om selfone en skootrekenaars te laai. Gaste het toegang tot gratis WiFi.
Daar is buitebraaigeriewe en 'n plonspoel waarin gaste na 'n lang dag kan afkoel. Hout is op versoek beskikbaar.
Gaste kan 1 van die voetslaanroetes op die plaas volg of 'n piekniek tussen die groot verskeidenheid Ranteveld- en Apronveld-blomme en unieke plante geniet. Daar is ook talle fotogeleenthede.
Die Plathuis-grondpad wat verby Jacomanzi loop is ideaal vir drawwers en fietsryers, so bring gerus jou tekkies of bergfiets saam.
Slaapplek
’n Bespreking by Jacomanzi sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Hennie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Jaar gelys 3
Ligging
- R62, Jacomanzi, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Jacomanzi het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R62, Jacomanzi, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom