House Isabella
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingsway-rylaan 10, Onrusriver, Onrus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (plek vir 1)
Beskrywing
House Isabella is in Onrus geleë, 'n kusdorpie net 6 km van Hermanus af. Hierdie huis spog met pragtige uitsigte oor die see en is 15 minute se stap van die strand af. Somerset-Wes is 48 km weg.
Daar is 2 gesinswoonstelle, in die een kan 4 gaste slaap en in die ander een 6 gaste. Al twee eenhede het die opsie om 'n ekstra persoon te akkommodeer, indien vooraf gereël. Ons het ook 'n ateljeewoonstel vir paartjies of wittebroodspaartjies. Hierdie eenheid bied pragtige uitsigte oor die see en is ideaal vir 'n paartjie. Dan het ons ook 'n enkelkamer met 'n tuin-uitsig. Ideaal vir 1 gas.
Onrus lê langs die kus en is net 'n paar minute van Hermanus af. Dit is omring deur berge, riviere, die see en die strandmeer. Die area is bekend vir sy "sjampanje"-lug asook die walvisse wat 'n mens hier kan waarneem. Enige iemand wat al tyd in Onrus spandeer het, sal saamstem dat dit die perfekte bestemming is, met sy wit strande waar 'n mens lekker strandspeletjies kan geniet, kan sonbaai, swem, branderplankry en walvisse kyk tussen Junie en Desember. Jy kan kreef uitduik, mits jy 'n permit het en jy kan ook gholf speel by die Hermanus Gholfklub of die Arabella Gholfbaan en jy kan die historiese besienswaardighede soos die ou hawe in Hermanus besoek. Die splinternuwe West Coast Mall is net 'n paar minute hiervandaan. Dié sentrum met meer as 80 winkels open einde November 2017.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Celia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kingsway-rylaan 10, Onrusriver, Onrus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink House Isabella het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 15 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingsway-rylaan 10, Onrusriver, Onrus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom