Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

House Fál

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beyers-straat 15, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 235 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

House Fál is versteek van die samelewing en in die rustige buurt van Onrus geleë. Dit is net 4 minute se stap vanaf Davies Pool en 5 minute se stap vanaf Onrus-strand wat 'n Blouvlagstrand is. Hierdie selfsorghuis het goeie lig, oop ruimtes en sonnige hoekies waar jy met 'n boek kan opkrul. Die huis het ook 'n groot, toegeboude tuin en 'n privaat kothuiskamer wat ideaal vir 'n au pair, ouer kinders of 'n paartjie met jong kinders is.

Dié ruim huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 3 slaapkamers in die hoofhuis en die vierde kamer is die kothuiskamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed en gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer is 'n aparte kothuis en het 'n dubbelbed en 2 dagbeddens wat slaapplek aan 2 kinders bied. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Hierdie huis is ideaal vir kuier aangesien daar groot, oop ruimtes is. Daar is 'n kombuis, eetarea, sitarea en buitebraai-areas. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware, 'n Nespresso-koffiemasjien en 'n toonbank met stoeltjies toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in die motorhuis. Die kombuis lei na die gemaklike sitarea met rusbanke, 'n TV met Netflix en 'n lekker kaggel. Gratis WiFi en 'n basiese rugsteunkragstelsel is beskikbaar.

Gaste kan in die tuin ontspan, by die onderdaksitarea buite eet en die braaigeriewe buite benut. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by House Fál sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Beyers-straat 15, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R4 235
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 235
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beyers-straat 15, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf93319482dbaba303e15a647525c8ace642626e3c70906f91cb25db41fd58646705fdfdfe8cf1d0428bb67a30304532316b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 235 per nag (plek vir 8) 15 Beyers Street Onrus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4140923 19.1675421
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem