Horizon Bay 801
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 3 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaauwbergstraat, Horizon Bay Apartments Eenheid 801, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R1 660R1 328 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Horizon Bay Beachfront Apartment is aan Kaapstad se pragtige Weskus geleë en bied 'n luukse vakansie by die see in die gewilde woonbuurt Bloubergstrand. Die woonbuurt is veral bekend vir sy uitsig op Tafelberg.
Die woonstel is op die strandfront geleë en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en dié gaste het toegang tot 'n gastebadkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n knus eetarea en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV.
Tydens beurtkrag sal die omsetter verseker dat gaste toegang tot lig, die TV en WiFi het.
Die skuifdeur in die leefarea lei na die balkon met gemaklike buitemeubels en 'n pragtige panoramiese uitsig oor die see.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 58
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Blaauwbergstraat, Horizon Bay Apartments Eenheid 801, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Horizon Bay 801 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloubergrant Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaauwbergstraat, Horizon Bay Apartments Eenheid 801, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12