Horizon Bay 606
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 3 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaaubergweg 4, Horizon Bay, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
-
Vanaf
R1 710R1 368 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Horizon Bay 606 is 'n pragtige selfsorgwoonstel in die prentjiemooi Bloubergstrandarea van Kaapstad. Die luukse woonstel het moderne geriewe om verblyf so gerieflik en genotvol moontlik te maak. Die woonstel se ligging is sy beste kenmerk. Dit is reg teen die strandfront wat beteken dat die see letterlik 'n paar treë van die drumpel af is. Die woonstel het 'n omsetter.
Die ruim en elegante woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 unieke slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, genoeg kasspasie en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 4 stoele wat op sy beurt lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is oral in die woonstel beskikbaar.
Skuifdeure lei van die sitarea na die balkon met 'n pragtige see-utisig. Dit is die perfekte plekkie vir 'n oggendkoffie of lieflike skemerkelkie. Daar is ook buitesitplek en Weber-braaigeriewe. Daar is 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek op die perseel.
Bloubergstrand se strand is bekend vir wit sand en uitstekend vir watersport insluitend vlieërplankry en seilplankry. Horizon Bay 606 is ook lekker naby 'n paar restaurante, kafees en kroeë.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 54
Resensies 28
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Blaaubergweg 4, Horizon Bay, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bloubergrant Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaaubergweg 4, Horizon Bay, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12