Hill Billy's Self Catering Accommodation
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weltevreden, R600, Champagne Valley, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hill Billy's Self Catering Accommodation is op Weltevrede Plaas in die Sentrale Drakensberg se Champagne Valley geleë. Die kothuise is in die hartjie van die vallei geleë en bied dus maklike toegang tot verskeie aktiwiteite en besienswaardighede wat onder meer voetslaanroetes, die Drakensberg Seunsskoolkoor-konsert, Canopy Tour se Zipline-toere, Valley Bakery se heerlike gebak en 'n sjokolade-fondue by die Chocolate Bar insluit.
Die eenhede word deur William en Hilda Thornhill bestuur, wat sedert 1196 in die bedryf is. Die kothuise is op 'n werkende groenteplaas geleë en gaste kan die plaasomgewing en atmosfeer geniet.
Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis met slaapplek vir 2, nog 2 kothuise met elke slaapplek vir 4 en 'n kothuis wat slaapplek vir 6 gaste het. Die oprit loop paralel met pekaneutbome en die Champagne-bergreeks sorg vir 'n pragtige agtergrond.
Die kothuis met slaapplek vir 2 is in die tuin en het 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie. Die eenheid het nie 'n kaggel nie, maar wel 'n gasverwarmer. Die eenheid het nie 'n skottelgoedwasser nie.
Die eerste kothuis wat slaapplek vir 4 gaste het, is net langs die pekaneutbome geleë. Hierdie kothuis het sy eie tuin, asook 'n uitsig oor die Drakensberge en nabure gholfbaan. Daar is 2 slaapkamers, 'n badkamer, oopplan-kombuis, eetarea en sitarea. Buite is daar nit 'n sitarea en braaigeriewe op die stoep.
Die tweede kothuis wat slaapplek vir 4 gaste het, is naby die swembad geleë en het 'n uitsig op die berg. Dit het 2 slaapkamers, waarvan een 'n en suite-badkamer het, asook nog 'n badkamer. Die oopplan-kombuis lei na 'n eetarea en sitarea. Buite is daar nit 'n sitarea en braaigeriewe op die stoep.
Die kothuis met slaapplek vir 6 gaste is onderaan die tuin naby die swembad geleë. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en is op die grondverdieping geleë. Die ander 2 slaapkamers is bo. Daar is ook 'n kombuis en die eetarea lei na 'n sitarea en stoep.
Die kombuise is almal met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof, oond en skottelgoedwasser toegerus. Elke kothuis het ook braaigeriewe. DStv is beskikbaar.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad waarin gaste kan afkoel.
Eenhede 3, 4 en 5 het kaggels. Privaat parkeerplek is naby elke eenheid beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hilda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 64
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Weltevreden, R600, Champagne Valley, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hill Billy's Self Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weltevreden, R600, Champagne Valley, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom