Herschel Court Studio
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Herschel Court 11, Bowwood-weg, Claremont, 7700, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Herschel Court Studio is in die middel van Claremont een blok bo die hoofstraat geleë. Dit is 'n grondvloer-ateljeewoonstel in 'n stil hoekie van Herschel Court, 'n netjiese historiese landmerk in die Art Deco-blok uit die 1930's. Die ateljee bied maklike toegang tot die M3 en N2.
Dié ateljeewoonstel bied gerieflike verblyf vir 1 of 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n groot instapstort. Die kombuis het 'n ingeboude tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas en breekware en eetgerei. Daar is ook 'n strykyster en 'n strykplank. Sit lekker terug op die veranda of geniet 'n film op DStv. Of gaan wandel heerlik tussen die winkeltjies. Let asb. op dat daar net WiFi vir eposse is. As jy meer nodig het kan dit gereël word.
Daar is 'n goeie sekuriteitstelsel en afstandbeheerde toegang, met 'n opsigter en 'n nagwag saans. Verder is daar veilige parkeerplek reg langs die veranda by die ingang na die woonstel.
Ons is slegs 3 minute se stap vanaf Cavendish Square Mall met al sy wonderlike winkels, banke, flieks, restaurante, ens. en slegs 100 vanaf Claremont se hoofstraat en openbare vervoer. Ons is ook uiters na aan die Kingsbury en Claremont Hospitale, UCT se Jammie Shuttle-halte, verskeie nagklubs en Nuweland se krieket- en rugbystadions. Kirstenbosch Botaniese Tuin en verskeie ander besienswaardighede is ook maklik bereikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Joy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 105
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Herschel Court 11, Bowwood-weg, Claremont, 7700, Wes-Kaap
- Gaste dink Herschel Court Studio het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Claremont Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Herschel Court 11, Bowwood-weg, Claremont, 7700, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom