Hartenbos akkommodasie Letjiesbos 101
Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5. Geldig vir verblyf vanaf 22 Apr 2024 tot 23 Aug 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: La Gare, Swellendam-laan, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 300R1 083 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Letjiesbos 101 is in die gewilde Hartenbos geleë en is gerieflik gemeubileer vir 6 gaste. Die eenheid is nuut gemeubileer en toegerus.
Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het elk 'n stort, toilet en wasbak en die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het ook 'n bad. Alle beddegoed word voorsien.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, outomatiese wasmasjien, ketel, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbythoekie met sitplek. Die gemaklike leefarea het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea lei na 'n privaat patio met 'n ingeboude braai, stoeptafel en -stoele, asook 'n grasperk. Die eenheid word beveilig met 'n Trellidoor.
Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en ekstra staanplek vir 'n waentjie, asook 'n parkeerplek vir kuiergaste is beskikbaar. Gaste moet asb. hulle eie vadoeke en vatlappies, asook bad- en strandhanddoeke saambring. Die eenheid gebruik koopkrag.
Die kompleks is binne stapafstand (600 m) van die strand, Hartenbos-winkelsentrum (400 m), die waterwurm, warmwater-onderdakswembad, verskeie restaurante en sowat 900 m vanaf die ATKV-amfiteater.
Neem asb. kennis dat die verblyf ongelukkig nie matrikulante op hulle eie toelaat nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Hartenbos akkommodasie Letjiesbos 101 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Annelie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- La Gare, Swellendam-laan, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartenbos akkommodasie Letjiesbos 101 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: La Gare, Swellendam-laan, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom