Graaitjie
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oyster-straat 6, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R4 500R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Graaitjie is 'n selfsorgvakansiehuis in Paternoster, 'n ouwêreldse vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika. Dié dorp is 'n gewilde toeristebestemming en vir 'n Mediterreense atmosfeer, hemelblou water, afgewitte kothuise, tradisionele visserman-argitektuur en eindelose strande bekend.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoof-, tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed. Twee van die slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en die derde, aparte badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die huis spog ook met 'n stoep met braaigeriewe en 'n etenstafel waar gaste buite kan kuier.
Daar is sekuriteitshortjies en deursigtige diefwering op al die vensters, asook 'n alarmstelsel en kameras wat gemoedsrus verseker terwyl gaste by die swembad ontspan. Die huis bied direkte toegang tot die strand deur 'n klein hekkie vanaf die dek.
Slaapplek
’n Bespreking by Graaitjie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 57
Resensies 751
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Oyster-straat 6, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Graaitjie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbank Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oyster-straat 6, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom