Gouritz SeeHuisie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 1 jaar
Opsomming van Resensie
Travisleigh B - Mei 2024
Algehele gradering
Safe, quiet and relaxing place situated within walking distance of the beach.
Karin D - Apr 2024
Algehele gradering
Salig en rustig.
Rikus S - Apr 2024
Algehele gradering
Baie lekker huisie.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Rikus en gesin, dit was regtig 'n fantastiese plesier om julle lieflike gesinnetjie hier by ons te ontvang en so bly julle het die wegbreek geniet asook om al die spesiale plekkies in en om Gouritz te ontdek. Baie dankie vir die pragtige verwysing, waardeer opreg.
John Wesley B - Mrt 2024
Algehele gradering
Highly recommended.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
John, it was an immense pleasure to have you and your brother here, and we absolutely enjoyed your visit. You are so young at heart and were a real blessing to have as guests here at Gouritz SeeHuisie. You are guests that will always have a special place in our memories for all the right reasons!
Dirk V - Feb 2024
Algehele gradering
Lekker stap, eet en rus.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Beste Dirk
Dit was 'n allergrootste plesier om julle hier by ons te kon ontvang. Baie dankie vir die pragtige terugvoering en so bly julle kon afskakel en net ontspan.
Ons vra om verskoning oor die ongerief oor die stadige internet. As ons geweet het, kon ons dit dadelik regstel.
Ongelukkig word ons Internet-diensverskaffers geaffekteer deur kragonderbrekings en dit is uit ons hande uit, so jammer daaroor.
Sien baie uit daarna om julle weer in die toekoms by ons te ontvang.
Yazeed Abrahams A - Jan 2024
Algehele gradering
Uitstekende gekuier.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Yazeed, dit was regtig net super aangenaam om julle hier te ontvang en so bly om te hoor julle het die wegbreek hier by ons geniet.
Petrie E - Nov 2023
Algehele gradering
Fantasties.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Petrie, dit was net 'n absolute plesier en voorreg om julle hier by ons te ontvang. Baie bly die weer het mooi saam gespeel na dat datums uitgeskuif is om julle fiets toer op sy beste te laat verloop. Sien julle weer in die toekoms.
Valen V - Nov 2023
Algehele gradering
Rustig, skoon, veilig, naby die see .
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Valen en gesin, dit was net 'n absolute voorreg en plesier om julle hier te kon ontvang op julle welverdiende wegbreek. Ons glo ons sien julle definitief weer in die toekoms met julle nuwe babatjie ook, baie baie geluk. Baie dankie vir die pragtige terugvoering oor ons plekkie, waardeer opreg.
Chantelle P - Okt 2023
Algehele gradering
Heerlik gekuier, kinders het dit ook baie geniet.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Chantelle, dit was net 'n heerlike voorreg om julle te kon ontmoet en om julle hier by ons te ontvang. Ons sien baie uit daarna om julle volgende wegbreek weer besonders te maak. Baie duisende dankies vir die terugvoering, waardeer opreg
Vincent P - Sep 2023
Algehele gradering
Dit was fantastiese.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Wat `n heerlike plesier om julle hier by ons te kon ontvang, het ongelooflik lekker saam julle gekuier. Vriendskap is hier gesmee en julle kuiertjie sal ons altyd bybly. Ongelooflik baie dankbaar vir die pragtige terugvoering. Gaste soos julle maak dit absoluut regtig die moeite werd!
Reeva G - Jul 2023
Algehele gradering
Baie lekker gebly by die meeste vriendelikste en gasvrye mense. Ek en my kêrel het die naweek baie geniet by julle. Die plekkie is baie mooi ingerig, skoon en lekker stil. Baie dankie Mark en Elna vir die naweek. Lekkerste geselskap ook! Ons sal definitief weer kom!
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Reeva, dit was regtig net `n voorreg om julle te ontmoet, goeie edel mense met harte van goud. Dankbaar uit die diepte van ons hart oor die pragtige terugvoering en hoop om julle volgende wegbreek weer besonders te kan maak.
Anne B - Jun 2023
Algehele gradering
Over and above.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Anne, dit was net `n ongelooflike plesier om julle hier by Gouritz SeeHuisie te kon ontvang en dat ons dit so gerieflik moontlik kon maak vir jou man met sy besering. Julle het ons plekkie so pragtig gelos en ons hoop regtig om julle weer in die toekoms te kan sien.
George I - Mei 2023
Algehele gradering
Die kuier was uitstekend. Eienaars was baie vriendelik en gasvry.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
George en gesin, dit was net 'n heerlike voorreg om julle te kon ontmoet en om julle hier by ons te ontvang. Ons sien baie uit daarna om julle volgende wegbreek weer besonders te maak. Julle was absoluut wonderlike gaste gewees wat ons plekkie in `n silwerskoon kondisie gelos het wat ons opreg waardeer. Baie duisende dankies vir die pragtige terugvoering.
Jolindi K - Mrt 2023
Algehele gradering
Rustige en ontspanne wegbreuk.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Jolindi en gesin, dit was net `n absolute plesier om julle hier te kon ontvang. Ons sien baie uit daarna om julle volgende wegbreek weer besonders te maak, julle is regtig baie aangename mense en wonderlike gaste gewees wat ons plekkie in `n silwerskoon kondisie gelos het wat ons opreg waardeer. Baie dankie vir die pragtige terugvoering. SeeHuisie groetnis hier uit `n baie mooie Gouritz.
Brian S - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie lekker, skoon en veilig.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Brian, baie duisende dankies vir die pragtige terugvoering. Dit was heerlik om julle hier te ontvang en weereens baie geluk met die wen van die visvang kompetisie. Altyd heerlik om sulke goeie terugvoering te ontvang, waardeer opreg.
Annalize H - Feb 2023
Algehele gradering
Huis weg van die huis!
Lees meerGouritz SeeHuisie se terugvoer
Annalize, dit was regtig net `n voorreg om sout van die aarde mense soos julle te ontmoet en hier by ons te kon ontvang. Dankbaar uit die diepte van ons hart oor die pragtige terugvoering en ons sien eerlikwaar uit daarna om julle volgende wegbreek weer besonders te kan maak.
Jessica P - Nov 2022
Algehele gradering
Rustig, netjies en als wat jy ooit nodig sal he.
Gouritz SeeHuisie se terugvoer
Jessica, dit was net `n absolute plesier om julle hier te kon ontvang. Baie dankie vir die pragtige verwysing, ons waardeer dit opreg. SeeHuisie groete hier uit `n baie mooie Gouritz.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom