Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wagenboom Escape

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 1

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 2 resensies vir Wagenboom Escape
Netheid
4.5/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.5/5
Heinrich V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Heinrich V
Saam met vriende

Potesiaal, maar kom met paar probleme.

Ons was 4 familielede wat vir 'n naweek wou wegbreek en het op hierdie huis besluit. Die huis was goed ingerig en kan 'n lekker wegbreek wees. Daar was egter ook 'n paar "issues" wat die naweek bietjie versuur het. PROS: Dis 'n lekker ruim huis en is goed ingerig. Die beddegoed is van goeie gehalte. Die erf is groot en ten volle omhein, so dis ideaal vir 'n naweek saam met jou honde. Die kuier-area is baie nice, met 'n braai pit, groot "picnic bench" en sement "splashpool" vir afkoel. CONS: Die aanwysings wat deur die eienaars voorsien was, was uiters onvoldoende. Ek het vir 'n uur rondgery in die donker op soek na die huis, omdat die "pin" my op 'n ander plaasroete geneem het sonder enige manier om by die huis uit te kom. Ek stel voor dat die eienaars die pin stuur van die teerpad af (voor die plaaspad begin) en dan duidelike aanwysings van hoe om van die teerpad tot by die huis te kom. Die eienaars het van ons verwag om die sleutels vir die huis op te tel by die buurplaas. Ons kry toe toevallig die sleutel by een van die werkers wat nog na ure op die plaas rondgehang het. Mens verwag eintlik dat die gasheer/gasvrou minstens vir jou die huis se sleutel op 'n maklike plek los (dis nou as hulle nie self vir jou die huis kom oopmaak nie). Die eerste aand was daar geen warm water nie, siende dat die waterpomp af was en die water druk nie sterk genoeg om die gas geyser te aktiveer nie. Mens kon ook nie bad nie, want die prop seel nie die bad voldoende genoeg nie en die water loop vinniger uit as wat dit inloop. Hierdie is die tipe goed wat enige gasheer/gasvrou moet check voor hulle mense huisves. Die koffie en suiker potte wat vir die gaste bedoel was, was so oud, dat dit klip hard was en al verklont het. Totaal onaanvaarbaar. Ons verstaan hierdie is 'n plaas en 'n plaas het insekte, maar die vlieë was so erg dat mens nie kon slaap nie en die vlieë het ons heel aand wakker gehou. Net 'n mate van 'n "fly catcher" of iets soortgelyks sou alklaar net gewys het dat die eienaars omgee. Dis 'n baie lekker kuierhuis, maar teen hierdie prys is daar net te veel ander plekke binne 2-3 ure van die Kaap af waar mens kan gaan bly waar mens meer welkom sal voel. Hierdie een het ongelukkig 'n bitter smaak gelos.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jean-pierre F - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jean-pierre F
Gesin met klein kinders

Elke dag soos 'n Sondag. So stil, net voeltjies.

Baie lekker verblyf. Eers gesukkel want GPS neem na verkeerde plaas toe. Eienaar was baie behulpsaam. Die verblyf het al die elemente gehad waarvoor ons gesoek het en meer, grasdakhuis, gerief, stilte. Jy hoor of sien nie enige verkeer, uitsig oor die berge. Wonderlik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R2 300
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R2 300
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellendamweg, Plaas Wageboomheuvel 212 Erfdeel 7, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed1c41c8c9d8532eda6901d7b152b145c3e6b859cfdac5fbf4a41108c36477eeba111a1d8dfd772ebb9902b4b5f386e0b44e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag, vir 8 mense 2 5 1 4 Swellendam Road Farm Wagenboomheuvel 212 Portion 7 6730 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.996064799277 20.212531120993
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem