Dreghorn Kalahari Game Farm
- Kapasiteit: 44 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R360, Dreghorn Plaas, Askham, 8813, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dreghorn Kalahari Game Farm is in die Kalahari-semiwoestyn in die Noord-Kaap en bied gehalteverblyf aan avontuurlustige gaste, natuurliefhebbers en diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Verblyf op dié plaas is beskikbaar in chalets en daar is ook kampeerplekke. Die chalets is tussen die duine gebou en het elk 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Elke chalet lei na 'n stoep met braaigeriewe.
Die kampeerplekke is weg van die chalets en bied privaatheid. Elke kampeerplek het privaat ablusiegeriewe en 'n opwas-area.
Dreghorn Kalahari Game Farm is op 'n plaas waar daar ook springbokke, gemsbokke, kameelperde en rooihartebeeste is.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Dirk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- R360, Dreghorn Plaas, Askham, 8813, Noord-Kaap
- Gaste dink Dreghorn Kalahari Game Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noord-Kaap
- Kapasiteit: 44 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R360, Dreghorn Plaas, Askham, 8813, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom