- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bernard-weg 685, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 417 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Dreams in Pringlebaai bied selfsorgverblyf vir gaste wat op soek is n a'n ontspannende vakansie of naweekwegbreek. Dit is net 100 m van die strand af en naby die riviermonding.
Die huis het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, plafonwaaier en 'n balkon. Die ruim hoofbadkamer het 'n stort en 'n bad. Die 2 ander slaapkamers op die onderste verdieping het elkeen plafonwaaiers, 'n skuifdeur wat na 'n stoep lei en 2 enkelbeddens. Langs die slaapkamers is daar 'n groot badkamer met 'n stort.
Die ruim leefarea op die eerste vloer spog met 'n uitsig op die berg en 'n skuifdeur wat na 'n onderdakbalkon lei. Langs die leefarea is daar 'n aparte TV-kamer, maar gaste moet asb. hulle eie DStv-dekodeerder saambring. Die oopplan-kombuis is netjies en volledig toegerus en sluit 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in. Die eetkamer het 'n groot etenstafel met 8 stoele. Daar is 'n skuifdeur wat vanaf die eetkamer na die onderdakbraai-area met 'n tafel en stoele lei.
Daar is 'n inligting oor die omgewing en 'n lêer met doendinge. 'n Bababedjie, -stoeltjie, -badjie en -potjie kan voorsien word.
Pringlebaai se pragtige hoofswemstrand met sy fyn, wit sand is minder as 3 minute se stap van Dreams af. Die riviermonding is die beste plek op die strand vir kinders en net 'n paar minute se stap verder. Oral is daar die lieflike, inheemse fynbos: in die tuin, langs die pad, op die sandduine, in die berge en in die natuurreservate waar daar heelwat voetslaanroetes is. Daar is 'n rits restaurante, koffiewinkels, 'n deli, geskenk- en kruidenierswarewinkels in die dorpie.
Slaapplek
’n Bespreking by Dreams sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Sweeds
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.4/5
Catarina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Bernard-weg 685, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Dreams het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bernard-weg 685, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom