Die Damhuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 209, Paauwvontein, Groblershoop, 8826, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 200 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Die Damhuis is 'n lieflike selfsorg-klipkothuis op 'n werkende plaas in die Noord-Kaap, omring deur die natuur en wild. Dis ideaal vir groot gesinne en jaggroepe.
Dié kothuis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 4 enkelbeddens, en albei badkamers het 'n stort, toilet en wasbak, waarvan een binne en die ander buite is. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, ketel, eetgerei, breekware en yskas-vrieskas toegeurs. Daar is ook 'n binnebraai. Die leefarea het 2 dubbelslaapbanke vir kinders, 2 stoele en 'n kroeg met stoeltjies.
Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en 'n boma-braai met 'n uitsig op die Langberg. Dié verblyf het sonkrag en 'n donkie vir warm water, asook parkeerplek op die perseel. Die Damhuis is naby die Witsand Natuurreservaat.
Slaapplek
’n Bespreking by Die Damhuis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Plaas 209, Paauwvontein, Groblershoop, 8826, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Kalahari Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 209, Paauwvontein, Groblershoop, 8826, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom