DeMist River Camp
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willowmore-pad, De Mistkraal, Patensie, 6335, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R250 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
As die Baviaanskloof te afgeleë is vir jou smaak of miskien ontoeganklik is, maar jy wil steeds die rustigheid wat uniek is aan hierdie area omgewing, is dié kampplek vir jou.
DeMist River Camp is 'n kampterrein op die oewer van die Gamtoosrivier. Dié kampterrein is op 'n sitrusplaas, net soos mens Baviaanskloof inry, geleë. Die terrein is op die hoofweg. Dit is maklik toeganklik en enige voertuig kan maklik reg tot by die rivier ry.
Die kampplek het nie elektrisiteit nie, maar het wel lopende water, spoeltoilette, en lekker warm storte. Alles is eie aan 'n boskamp.
Of jy nou vir 'n dag of 7 dae vanaf die gedruis en gejaag van die stad wil ontsnap en net naby die natuur wil wees met 'n boek, óf net wil sit en die vars lug inasem, sal jy hier tevrede wees.
Gaste kan visvang op die plaas, maar selgs op 'n vang-en-laat-vry basis. Daar is baie staproetes, en vir voëlkykers is daar verskeie voëlspesies, en 2 visarende maak net op die perseel.
Die plaas is naby genoeg aan die dorpie, Patensie en jy kan maklik daar die nodige inkopies gaan koop. Indien jy lus is vir 'n verandering kan jy Jeffreysbaai vir die dag besoek.
Let asb. op: Kragopwekkers, radios en musiek van enige aard is streng verbode en ons behoud die reg voor om gaste te vra om by hierdie reël te hou of om die perseel te verlaat.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Jansie Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 78
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Willowmore-pad, De Mistkraal, Patensie, 6335, Oos-Kaap
- Gaste dink DeMist River Camp het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Patensie Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willowmore-pad, De Mistkraal, Patensie, 6335, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom