Champagne Haven
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mount Champagne Resort, Magoebaskloof, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 750 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Champagne Haven bestaan uit 2 luukse selfsorg-eenhede in privaat besit en is in die veilige Mount Champagne Resort in Sentrale Drakensberge geleë. Die Mount Champagne Resort het ’n manjifieke dam op die perseel vir visvang en kanovaart, ’n tennisbaan, swembad, trampolien en 'n speelgrond met 'n klimraam vir die jongspan.
Champagne Haven bied verblyf in 2 chalets waarvan een slaapplek het vir 8 gaste en die ander het slaapplek vir 6 gaste. Dit is gerieflik gemeubileer en baie aandag is aan gaste se gemak geskenk.
Die kombuise is volledig toegerus met ’n stoof, yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en ander klein toebehore. Daar is ook ’n wasmasjien en tuimeldroër. Alle kamers het verwarmers teen die muur vir die koue wintersaande in die Drakensberge.
’n Buitebraai sorg vir vele lekker kuiersessies en ontspanning terwyl jy die asemrowende berguitsig geniet. Om jou vakansie te vervolmaak, word die chalets daagliks skoongemaak.
Perdry is beskikbaar en daar is vele pragtige staproetes in die naby omgewing asook meer uitdagende voetslaanpaaie vir die avonturiers in die Monks Cowl-area wat net 5 minute se ry van die oord af is. Daar is ook opwindende fietryroetes in die area.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Diane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Mount Champagne Resort, Magoebaskloof, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Champagne Haven het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mount Champagne Resort, Magoebaskloof, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom