Chakas Cove 94
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-weg 43, Shaka’s Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 408 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Chakas Cove 94 is tussen Ballito en Salt Rock geleë. Dit is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Chakas Rock aan die Noordkus van Ballito. Dit is perfek vir 'n kuswegbreek aangesien die kompleks stapafstand vanaf die strand is en uitsigte oor die Indiese Oseaan in die verte het.
Dié woonstel is op die eerste verdieping, bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en elke slaapkamer het 'n plafonwaaier. Die badkamers het onderskeidelik 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, wasmasjien en tuimeldroër toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv Now en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die sitarea lei na 'n onderdakbalkon met 'n buite-etenstafel en 'n gasbraai. Gaste toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembadarea. Hierdie eenheid sluit 1 onderdakparkeerplek in.
Gaste kan ook hul snorkeltoerusting inpak en in die getypoel, wat met 'n kort paadjie langs die gebou bereik kan word, gaan snorkel. Die kompleks oorkant die pad het 'n gemeenskaplike swembad, braai-area, speelarea vir kinders en 'n wassery wat met muntstukke werk.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 70
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Ocean-weg 43, Shaka’s Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Thompsonsbaai Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-weg 43, Shaka’s Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom