Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Catchalot

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Boegoebult 70, Springbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Catchalot is 'n vakansiehuis wat onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is en in 'n eko-vriendelike landgoed buite Mosselbaai geleë is. Dus is dit belangrik om te besef dat krag afhanklik is van son wat skyn. Hierdie kuslandgoed het 'n privaat strand wat bereikbaar is via 4 pragtige paadjies en dit is die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na 'n stil vakansie in 'n idilliese plek.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Beide kamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer wat slegs 'n stort het.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf en koffiemasjien toegerus. 'n Wasmasjien en yskas-vrieskas is ook beskikbaar. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek, wat ook dien as pooltafel en tafeltennisblad. 'n Gemaklike sitkamerstel, 'n ingeboude braai-area en 'n TV is ook beskikbaar. Die TV het YouTube en Netflix. Die huis het 'n houtdek waar gaste hulle etes met 'n see-uitsig kan geniet.

Die landgoed het 'n verskeidenheid wild, dit sluit zebras en springbokkies in. Gaste kan ook op bergfietse die omgewing verken of die landgoed se pragtige voetslaanpaaie benut.

Slaapplek

’n Bespreking by Catchalot sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Catchalot
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 1

Ligging

  • N2, Boegoebult 70, Springbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Catchalot het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Boegoebult 70, Springbaai Eco Estate, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf6156a92b95bcfe76379fe4deeffc9c663c2eede8138cef5583b829246ef3a331f7b5369618878c2af5bb37eba41fc981900?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 8 mense 4 5 1 5 N2 70 Boegoebult, Springerbaai Eco Estate 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-16:00 10:00 -34.24826115401 21.919900942484
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem