Casa Felice
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 1 Aug 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Loopstraat 33, Longacres-landgoed, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 450R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Casa Felice is 'n bekoorlike vakansiehuis op die Longacres-landgoed in Langebaan. Die huis bied rustige verblyf, maar is steeds binne maklike bereik vanaf die strand en 'n rits plaaslike restaurante.
Die huis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. DIe tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste maak gebruik van 'n aparte badkamer wat 'n bad en stort het.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en mikrogolfoond toegerus en daar is 'n wasmasjien en skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met stroomddienste en gratis WiFi. Dit lei na 'n stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n buitetafel waarom gaste kan sit en eet. Kinders en troeteldiere kan in die omheinde tuin speel. Daar is genoeg parkeerplek vir sleepwaens en bote, indien nodig.
Verder kan gaste die watersporte in Langebaan geniet, op die strand sonbaai, die Weskus Nasionale Park besoek, 'n wyntoer ervaar, of 'n rondte op die 18 putjie-gholfbaan op die Langebaan Country Estate speel.
Die Weskus Nasionale Park is die tuiste van 'n verskeidenheid wild, flora en fauna. Gedurende Augustus en September is daar 'n reeks skouspelagtige blomme wat binne die Park by die Postberg gesien kan word.
Slaapplek
’n Bespreking by Casa Felice sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Paul Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Loopstraat 33, Longacres-landgoed, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Casa Felice het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Longacres Country Landgoed Langebaan Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Loopstraat 33, Longacres-landgoed, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom