Canefields Country House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 108 mense
-
Inkloktyd: 09:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: R102, Empangeni, 3880, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 190 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Canefields Country House is 'n tradisionele suikerriet-herehuis wat in 'n huislike hotel omskep is. Canefields word omring deur suikerriet-plantasies en is langs die N2, 5 km buite Empangeni, Zoeloeland, aan die KwaZulu-Natalse noordkus geleë. Dis maar net 'n uur en 'n half se ry vanaf Durban, op pad Hluhluwe, Mkuze en St Lucia toe.
Die hotel het 100 luukse dubbelkamers wat elkeen ingerig is met 'n koninggrootte-bed. Elke kamer het en suite-badkamer, 'n telefoon, lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n TV met DStv, en koffie- en teemaakgeriewe. WiFi is ook beskikbaar.
Die hotel het 'n stil, plaasrestaurant wat 'n smullekker ontbyt, middagete en aandete bedien. Daar is 'n rustige stoeparea buite en 'n kroeg waar skemerkelkies langs die swembad geniet kan word.
Canefields County House het 4 konferensielokale wat 450 afgevaardiges kan akkommodeer. Die funksielokaal het 'n dansvloer en plek vir 250 gaste. Gaste kan ook gerus langs die unieke bosveld-boma kuier.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Rolstoelvriendelik
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Tracey Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 29
Jare op LekkeSlaap 10
Ligging
- R102, Empangeni, 3880, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 108 mense
-
Inkloktyd: 09:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: R102, Empangeni, 3880, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom