Caisa Villa
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 15 Mei 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R4 000R2 667 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Caisa Villa is 'n lieflike vakansiehuis op die veilige Eden Rock Forest Estate in die hartjie van Pennington. Dit is ideaal vir 'n rustige vakansie saam met familie en vriende aangesien dit met 'n swembad en 'n Jacuzzi spog.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers met lugversorging. Al 3 slaapkamers het koninggrootte-beddens en die badkamers het elk óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Een bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is in die opwaskamer beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is oral in die villa beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n binnenshuise spa met 'n Jacuzzi, ontspanstoele en 'n etenstafel. Dié area lei na 'n houtdek met 'n swembad en braaigeriewe. Veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit is op die perseel beskikbaar.
Die landgoed is reg langs Selborne Gholfklub en naby die strand en restaurante geleë. Tydens beurtkrag en wateronderbrekings is daar 'n rugsteun-omsetter en 'n JoJo-tenk.
Slaapplek
’n Bespreking by Caisa Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4/5
Resa Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 1
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- R102, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Pennington Kelso KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom