Buffelshoek Tented Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Buffelshoek Camp-weg, Manyeleti Wildreservaat, 1360, Mpumalanga
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R8 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Buffelshoek Tented Camp is in die suidoostelike deel van die Manyeleti Wildreservaat geleë, naby die Krugerwildtuin en die Sabi Sand Privaat Natuurreservaat.
Buffelshoek bied 'n regte bos-ervaring, maar gaste se gerief word ook hoog op prys gestel deur die perfekte balans tussen luukse gerief en 'n bosveld-atmosfeer te handhaaf. Aangesien daar net 5 bekoorlike grasdaktente met seildoekvoorkante is, sal gaste ook privaatheid geniet. Elke tent het slaapplek vir 2 en 'n en suite-buitelugbadkamer op 'n houtdek. Maksimum 10 gaste word per kamp toegelaat en dit verseker dat elke gas persoonlike aandag geniet.
Die kamp is nie omhein nie en daar is beperkte sonkrag en 'n gemeenskaplike braai-area. Maaltye word dikwels op 'n oop vuur voorberei en gaste kan dit in die eetarea, wat met lanterns belig word, nuttig, of dit onder die sterre in die boma geniet. Kom ontspan in die knus sitarea saam met mede-reisigers. Gaste kan ook op die wildkyk-dek ontspan en die wild en magdom voëlspesies wat by die watergat drink en op die vlakte wei, aanskou. Elke nou en dan is daar selfs 'n olifant wat by die kamp kom aanklop, so gaste hoef nie eers ver te ry om een te sien nie.
Wildritte soggens en saans word by die verblyf ingesluit. Die wildritte word deur 'n gids in 'n oop safari-voertuig aangebied, so 'n interessante uitstappie word gewaarborg. Met die uitstekende gidse kan Buffelshoek Tented Camp amper waarborg dat gaste die Groot 5 oor 'n periode van 3 dae sal sien.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 18
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Buffelshoek Camp-weg, Manyeleti Wildreservaat, 1360, Mpumalanga
- Gaste dink Buffelshoek Tented Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Buffelshoek Camp-weg, Manyeleti Wildreservaat, 1360, Mpumalanga
- Geen kinders onder 12