Bonamanzi Adventures
Beskrywing
Die boonste slaaparea beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Basiese beddegoed word vir hierdie 3 slaapkamers voorsien. Gaste moet hul eie handdoeke saambring. Onder is die gesinskamer en 2 slaapsale. Die gesinskamer het 2 enkelbeddens en 2 stapelbeddens. Die eerste slaapsaal het 7 tripelstapelbeddens en daar is 8 tripelstapelbeddens in die tweede slaapsaal, wat oorgenoeg slaapplek vir die avontuurlike metgeselle bied. Gaste op die onderste verdieping moet hul eie beddegoed en handdoeke voorsien. Gaste gebruik die aparte ablusiegeriewe.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Nie rook
Dienste
- •Koordlose internet
Badkamer
- •Stort
Kamergeriewe
- •Waaier
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Mikrogolfoond
- •Oond
- •Stoof
Prys sluit in
Kampeerplek. Gaste moet hul eie toerusting saambring.
Huisreëls
Ekstra gaste is welkom teen R300 per persoon per nag.
Let asb. dat geen partytjies, harde musiek, rampartytjies of geleenthede toegelaat word nie.
Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Hout is op die perseel te koop.
Vriendelike troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word en teen 'n ekstra koste.
Kanoes is te huur.
Gaste kan vooraf 'n skoonmaakdiens teen 'n ekstre koste reël.
Familievieringe is welkom, maar geen wilde partytjies, harde musiek of ramspartytjies word toegelaat nie.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 2 maande voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Erfdeel 24 van Moordkuilplaas 488, Worcester, 6850, Wes-Kaap