Boesmanskloof Onverwacht Flora
- Kapasiteit: 38 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Onverwacht Flora se verblyf is ongeveer halfpad tussen die dorpies McGregor en Greyton in die Wes-Kaap. Dis 2 ure se ry vanaf Kaapstad af via Worcester, Robertson en deur McGregor tot by 'n pad wat dikwels "Die Pad na Nêrens" genoem word. Die liggies van die nabygeleë dorpies op die R62, die wêreld se langste wynroete, en die Overberg, bied dag en nag skilderagtige uitsigte.
Die verblyf bestaan uit verskeie losstaande klipkothuise. Die meeste kothuis het slaapplek vir 6 gaste. Blushingbridge Kothuis het egter net slaapplek vir 2 gaste en die Waboom Kothuis het slaapplek vir 10 gaste. Alle kothuise is toegerus met elektrisiteit.
Dis die ideale wegbreek vir natuurliefhebbers, naweek-wegbreke, stappers of bergfietsryers. Hier kan jy kan ontspan, die voëltjies hoor sing en die rivier hoor kabbel.
Onverwacht Flora kyk uit oor die Gobosrivier met talle rotspoele om in af te koel of te baljaar. Gaan stap 'n entjie langs die rivier of pak 'n voetslaanroete aan. Verder kan jy jou verlustig aan die groot verskeidenheid en unieke flora op die eiendom. Miskien is jy so gelukkig om 'n bokkie of twee raak te sien.
Hierdie natuurparadys lê in die hartjie van die Riviersonderendberge en word ook omring deur die pieke van die Langeberge en die Galgeberg. Onverwacht Flora word verbind aan Die Galg- en die Boesmanskloof-staproete wat ook bekend staan as die McGregor-Greyton-staproete.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Japie and Sandra Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 140
Jare op LekkeSlaap 14
Ligging
- Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink Boesmanskloof Onverwacht Flora het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 38 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom