Bergsicht Country Town Cottages
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witzenbergstraat 11, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bergsicht Town Cottages is geleë in die pragtige dorpie Tulbagh, 'n skrale 120 km vanaf die Moederstad. Hierdie versteekte juweel is nommerpas vir die hele gesin en bied 'n heerlike wegbreek-geleentheid vir paartjies of groepe vriende wat troues in die omgewing bywoon, of sommer net die pragtige vallei met al sy doendinge wil verken.
Verblyf is beskikbaar op een erf in 2 semi-losstaande dupleks-kothuise wat elk slaapplek bied aan 4 gaste, of gesamentlik bespreek kan word om ‘n groep van 8 te akkommodeer. Albei kothuise het 'n hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed op die grondvloer, en ‘n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens op die boonste verdieping in die solder-area. Geniet die pasgemaakte industriële staaltrap wat lei na die boonste verdieping met pragtige houtvloere.
Die kombuise is volledig toegerus vir selfsorg met ‘n oond, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, sowel as eetgerei en breekware vir 4 gaste. Die eenhede het ook elk sy eie bekoorlike leefkamer en platskerm-TV met sekere DStv-kanale.
Elke eenheid het braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad. Daar is onderdakparkeerplek is beskikbaar agter ‘n veiligheidshek.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Aneretha Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 126
Jaar gelys 7
Ligging
- Witzenbergstraat 11, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink Bergsicht Country Town Cottages het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witzenbergstraat 11, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom