Beach Walk Gastekamers
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Greenstraat 19, Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Beach Walk Gastekamers is in Onrus in die prentjiemooi Overberg-streek geleë. Onrus lê langs die kuslyn, net 'n paar minute van Hermanus af, tussen die berge en die see.
Dié bekoorlike huis het slaapplek vir 4 gaste in 2 aparte slaapkamers. Albei slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die eenhede is toegerus met 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolf.
Elke kamer het 'n TV met DStv en WiFi toegang. Die kamers lei elk na 'n houtpatio met 'n tafel met sitplek vir 2 en draagbare braaigeriewe. Parkeerplek vir motors is voor die huis beskikbaar. Badhanddoeke en 'n haardroër word voorsien.
Onrus se strand is net 3 minute se stap vanaf die gastehuis met lang wandelpaadjies langs die see. Gaste kan ook die menigte restaurante en wynplase in die omgewing besoek. Die gastehuis is ook naby die Whale Coast Mall.
Onrus bied ook ander aktiwiteite soos swem, walviskyk, seil, kajakvaart, wynproe, visvang, bergfietsry en gholf.
Let asb. op dat die eienaar op die perseel woon en dat die hoofhuis aan die eenhede grens. Die eenhede het egter hulle eie privaat ingange.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Retha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 79
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Greenstraat 19, Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Walk Gastekamers het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Greenstraat 19, Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom