Baby Blue Cottage
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bassonstraat 2, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Baby Blue Cottage is 'n selfsorg-ateljeewoonstel in Langebaan, Wes-Kaap. Hierdie woonstel is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n rustige wegbreek in 'n kusdorpie.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n kombuisie, solder en 'n braai-area. Die woonstel het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n gemaklike rusbank. Die solder het 'n matras wat vir 2 kinders geskik is. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n aparte kamer buite met slaapplek vir nog 2 gaste, met 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne, bad-en strandhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, vierplaatgasstoof, oond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, ingeboude braai en die tuin. Die leefarea het grootglasdeure wat lei na 'n stoep in die skadu met meubels en 'n uitsig oor die water.
Veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is direkte toegang tot die strandmeer met kajakke, roeispane en dryfbaadjies. Hierdie kothuis is naby verskeie plaaslike geriewe wat winkels en restaurante insluit, asook aktiwiteite wat gaste kan geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Marie-louise
Kellett
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Bassonstraat 2, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
- Gaste dink Baby Blue Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bassonstraat 2, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom