Avian Leisure
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dorriesrylaan 88, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Avian Leisure bied verblyf aan die bopunt van Froggy Farm in Simonstad, met 'n lieflike uitsig oor Valsbaai. Kom skep asem tussen die Kaapse fynbos. Kyk na die walvisse, robbe, pikkewyne, suikerbekkies en talle ander voëls van jou kamervenster af! Hou die ystervarke dop wat gereeld in die aand hul verskyning by die tuindammetjie maak.
Avian's Leisure is die ideale vertrekpunt om die gebied tussen Kaappunt en die Kaapse Wynlande te verken. Gaan op voëlkyk-ekspedisies, besigtig die ryk verskeidenheid seevoëllewe, gaan op bootritte om haaie en walvisse te sien of geniet die pragtige natuurskoon van die Tafelberg Nasionale Park.
Simonstad self is 'n pragtige, historiese dorpie met warm, gasvrye mense en 'n ontspanne atmosfeer - beslis die moeite werd om te verken! Daar is verskeie goeie restaurante en winkels, 'n veilige, beskutte swemstrand aan die warmwaterkant van die Skiereiland en toegang tot 'n menigte ander doendinge.
Avian Leisure bestaan uit 2 woonstelle, elkeen met 'n privaat ingang en oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel.
Buiten die magdom doendinge in die omtrek is daar ook die klein plesiertjies om te waardeer, soos die pragtige sonsopkoms oor Valsbaai of die volmaan soos dit oor die baai opkom.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marie-Louise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Dorriesrylaan 88, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Avian Leisure het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Froggy Farm Simonstad Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dorriesrylaan 88, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18