- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 42 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roete 62, Langkloof, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 372 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Assegaaibosch Country Lodge bied 'n ongelooflike pakket vir enige natuur- of gesinsvakansie, romantiese wegbreek, sakegeleentheid, troue of funksie. Tussen die welige Tsitsikamme-woude en die uitgestrekte blou Kouga-bergreeks, staan hierdie lodge, 'n skamele 130 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth), en 107 km vanaf Plettenbergbaai op die skilderagtige R62-snelweg.
Die lodge is ook naby die suidelike poort van die Baviaanskloof Mega Reservaat, 'n wêrelderfenisgebied wat weens sy ryk biodiversiteit van ontsagtelike waarde is. Dit maak die lodge 'n ideale basis vanwaar begeleide toere, avontuur-aktwiteite en selfrit-verkenningstogte van die area kan plaasvind.
Die smaakvolle kamers is ontwerp met gaste se gerief in gedagte. Die lodge het 13 kamers wat rondom 'n swembad met 'n houtdek-area gebou is. Die herehuis het 6 addisionele kamers wat apart of as 'n geheel gehuur kan word.
Die badkamers het unieke en gerieflike stortrakkies en luukse toiletware. Alhoewel elke kamer 'n TV-stel het, sal gaste die lieflike uitsig van die privaat balkon af aanloklik vind. Sommige kamers bied 'n uitsig oor die helderkleurige veldblomme in die tuin, terwyl ander op die swembad en dek met die berge in die verte oopmaak.
Spesiale, vastegestelde spyskaarte word weekliks opgestel en net die varsste produkte beskikbaar word gebruik. Die eetkamer wat gebruik word wissel na aanleiding van die weer, besprekings en beplande spyskaarte vir die week.
Gaste is welkom om die geriewe op die perseel te gebruik insluitend die tafeltennis- en pooltafels, swembad en tennisbaan. Daar is ook braaigeriewe.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Anton Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Roete 62, Langkloof, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
- Gaste dink Assegaaibosch Country Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 42 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roete 62, Langkloof, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom