Apartment SunView at Villa Du Sud
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Parel Valley-weg 186, Somerset-Wes, 7129, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 722R1 292 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Apartment SunView at Villa Du Sud is 'n pragtige selfsorgwoonstel in die lieflike Spanish Farm in Somerset-Wes. Dis die ideale verblyf vir 'n lekker wegbreek saam met 'n geliefde. Daar is 'n sprankelende, gemeenskaplike swembad en 'n uitsig oor die see in die verte en dit word omring deur lowerryke plantegroei.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n ruim slaapkamer met lugversorging en 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en 'n kombuis wat met 'n stoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n oopplan-sitarea met 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n lieflike, sonnige stoep waar gaste hul skemerkelkies kan drink en die uitsig geniet. Gaste het toegang tot die swembad met sonstoele en 'n sambreel. Die woonstel is 'n entjie se ry vanaf gewilde gholfbane en die Stellenbosch-wynroete.
Slaapplek
’n Bespreking by Apartment SunView at Villa Du Sud sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 652
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Parel Valley-weg 186, Somerset-Wes, 7129, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Spanish Farm Ext 1 Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Parel Valley-weg 186, Somerset-Wes, 7129, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom