Angler's Paradise
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 4 Apr 2024 tot 4 Jun 2024.
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Kliprivier-plaas, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 500R1 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Angler's Paradise bied 'n asemrowende uitsig van die kuslyn en skuil op 'n indrukwekkende, privaat kusplaas in die Tsitsikamma-area. Die plaas is 'n rotsvisvanger se droom en die varswaterdamme is vol baars vir baarshengelaars. Daar is 'n veilige getypoel by die strand wat sal sorg dat gesinne ook 'n ontspannende tydjie kan geniet.
Daar is 4 huise op die perseel wat almal 'n uitsig oor die see het en deur boomryke valleie, fynbos, weiveld en berge omring word. Hierdie huise is goed ingerig met geriewe soos DStv, gratis WiFi en moderne afwerkings.
Gaste kan op die dek ontspan en tydens die walvisseisoen dié seereuse dophou. Dolfyne kan regdeur die jaar gesien word en in die somer kan gaste die sonsopkoms en -ondergang oor die see gadeslaan.
Angler's Paradise is net 30 km van die Bloukrang-brugspringplek en 50 km van Stormsrivier af. Die Fynbos-gholfklub is 7 km ver en bergfietsryers kan die veilige grondpaaie in die omtrek verken.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Alida Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 69
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- R102, Kliprivier-plaas, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
- Gaste dink Angler's Paradise het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R102, Kliprivier-plaas, Kareedouw, 6400, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom