A-View-At-Kingfisher
- Kapasiteit: 17 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher-weg 8, Westbeach, Port Alfred, 6017, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R795 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
A-View-At-Kingfisher is in die rustige Westbeach-area van Port Alfred geleë. Dit is 25 m vanaf afgesonderde strandareas insluitend die Blouvlagstrand waar gaste vroegoggend kan swem, hengel, watersport geniet, branderplankry of kan snorkel.
Dié gastehuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 smaakvolle slaapkamers met en suite-badkamers op die boonste verdieping, en 'n gemeenskaplike kombuis, eetkamer, sitkamer en leefarea op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die gemeenskaplike kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Die sitarea lei op sy beurt na 'n eetarea met 'n etenstafel vir 8 gaste. Op die boonste verdieping is daar 'n privaat sitarea met rusbanke en 'n TV wat lei na 'n balkon met 'n see-uitsig.
Die leefarea het gemaklike rusbanke en lei na 'n onderdakstoep met gemakstoele en braaigeriewe. Hier kan gaste 'n familiebraai geniet met die gedreun van branders in die agtergrond. Daar is ook 'n sprankelende swembad om in af te koel. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is op die perseel beskikbaar.
A-View-At-Kingfisher is ideaal vir oordeelkundige gaste. Dit bied direkte toegang tot die Blouvlagstrand, 'n veilige omgewing om te gaan stap, ongerepte Oos-Kaapse plantegroei en maklike toegang tot geriewe soos restaurante, banke en klein winkelsentrums wat als 3 tot 5 km van die huis af is. Die plaaslike gemeenskap sluit drawwers, fiksheidsentoesiaste en bejaardes in wat graag vroegoggend of laatmiddag gaan stap, en gaste kan gerus deelneem aan hierdie tipe aktiwiteit of die talle watersport-geleenthede en buitelug-aktiwiteite wat Port Alfred bied aandurf.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Vlaams
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Kingfisher-weg 8, Westbeach, Port Alfred, 6017, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Beachfront Port Alfred Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 17 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher-weg 8, Westbeach, Port Alfred, 6017, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom