8 Sunset Drive
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunset-rylaan 8, Sea Vista, St. Francisbaai, 1338, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
8 Sunset Drive is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in St. Francisbaai, in die Oos-Kaap. Die huis is op die kanaal van Marina Glades en spog met wild en pragtige uitsigte.
Die huis het 6 slaapkamers, 4 op die boonste verdieping, 1 op die onderste verdieping en 1 bokant die motorhuis.
Die leefareas is op die grondverdieping en daar is 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste, 'n kroeg met kroegstoele, 'n yskassie, ysmasjien en lekker baie stoorplek. Daar is ook 'n pool-tafel, TV, musieksentrum en 'n rusbank. Die sitarea het 'n groot koffietafel, 'n TV met 'n DVD-speler en 'n kaggel. Daar is groot skuifdeure wat na die houtdek lei en met 'n uitsig oor die kanaal spog.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en strykgeriewe.
Die braai-area in die huis het 'n gas- en houtbraai. Groot skuifdeure lei tot die houtdek vanwaar die jetty na die water lei. Daar is 'n groot tafel vir 6 en ’n oop area langsaan met sonstoele, 'n koffietafel en skuifdeure wat na die grasperk lei.
Daar is 'n tafeltjie met stoele op die houtdek. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
8 Sunset Drive is naby die strand, ideaal vir branderplankry. St. Francis bied al die nodige winkels, eet- en kuierplekke, en het ook 2 gholfbane, insluitend die Links-gholfbaan. Dit is ook naby talle natuurreservate, ideaal vir daguitstappies.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Sunset-rylaan 8, Sea Vista, St. Francisbaai, 1338, Oos-Kaap
- Gaste dink 8 Sunset Drive het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Francisbaai St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunset-rylaan 8, Sea Vista, St. Francisbaai, 1338, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom