6 Dolphin Views
Kry 10% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 17 Mei 2024 tot 29 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: South Beach-weg, La Mercy, 4406, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 100R1 890 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
6 Dolphin Views bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n stylvolle woonstel langs die ongerepte La Mercy-kus met 'n uitsig oor 'n afgesonderde strand. Gaste kan vroeg soggens die son sien opkom vanaf hul privaat terras en nou en dan dolfyne en walvisse in die Indiese Oseaan sien baljaar.
Die woonstel het 2 slaapkamers waarvan die een 'n koningingrootte-bed en die ander 'n dubbelbed het. Daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea wat lei na 'n terras met 'n see-uitsig. Let asb. daarop dat die hoofslaapkamer se oopplan-badkamer nie 'n deur het nie. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en die woonstel het onbeperkte gratis WiFi en sekere DStv-kanale. 2 veilige parkeerplekke is beskikbaar.
6 Dolphin View is 12,9 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe, 15,8 km vanaf Umhlanga, 14,9 km vanaf Ballito en 7,6 km vanaf Sibaya Casino and Entertainment Kingdom. Die omgewing bied ook talle restaurante. Umdloti Beach is 6 km van die woonstel af en bied 2 puik restaurante, Bel Punto en Mundo Vida. Die ligging van die woonstel is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Trevor Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- South Beach-weg, La Mercy, 4406, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 6 Dolphin Views het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in La Mercy Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: South Beach-weg, La Mercy, 4406, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom