3 Pepper Street
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pepper-straat 3, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
3 Pepper Street is 'n kontemporêre selfsorghuis wat in die kusdorpie Jeffreysbaai geleë is. Hierdie huis is geskik vir 'n groep vriende, paartjies of gesinne en bied maklike toegang vir branderplankry.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Al die slaapkamers het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gaste in die tweede en derde slaapkamer deel die tweede badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers en badkamers is op die boonste verdieping, en alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is op die onderste verdieping en is met 'n yskas-vrieskas, gaskookplaat, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet en die leefarea het 'n sitkamerstel met 'n platskerm-TV. Die skuifdeure lei na 'n stoep met meubels, sonstoele en braaigeriewe. Dié area lei ook na 'n beskutte tuin met 'n vuurput in die middel. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Chezanne Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Pepper-straat 3, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Ferreira Town Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pepper-straat 3, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap