Luxury Holiday Home
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 11de laan 3, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Luxury Holiday Home is 'n pragtige villa wat in die woonbuurt Summerstrand, Gqerberha (Port Elizabeth) geleë is. Dit is die ideale opsie vir 'n onvergeetlike vakansie saam met die gesin, aangesien dit net oorkant die pad van een van Gqeberha se hoofstrande is.
Dié dubbelverdiepingvilla bied slaapplek aan 'n maksimum van 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, lessenaar, sitarea en 'n TV. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die ander twee slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, terwyl die vyfde slaapkamer 'n dubbelbed het. Gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die helder en ruim leefarea het 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die aparte waskamer. Dié eiendom spog ook met verskeie sitareas met 'n eetarea wat sentraal geleë is en oorgenoeg sitplek vir gaste om maaltye saam te geniet. Daar is ook 'n TV in die sitareas en gratis WiFi is orals in die verblyf.
Bykomend het die huis 'n binnebraai, pooltafel en 'n uitgestrekte houtdek met 'n sprankelende swembad.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Matthew Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 14
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 11de laan 3, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Luxury Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerstrand Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 11de laan 3, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom